Yesha'yahu 38:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. want Sh’ol kan U nie bedank nie, die dood kan U nie prys nie; die wat afgaan in die put kan nie hoop op U getrouheid nie.

19. Dit is die lewende wat aan U dank bring, soos ek vandag doen; ’n vader vertel sy seun van U vertrouenswaardigheid.

20. יהוה sal my sekerlik red; ons sal my lied op snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van יהוה.”

21. Yesha’yahu het gesê: “Laat hulle ’n vyekoek vat en dit op die sweer sit sodat hy kan herstel.”

22. Toe het Hizkiyahu gesê: “Wat is die teken dat ek sal opgaan na die huis van יהוה?”

Yesha'yahu 38