17. sal יהוה die skedel van die dogters van Tziyon met skurfheid slaan en יהוה sal hulle voorkoppe kaal maak.”
18. In dié dag sal יהוה die mooiheid van voetringe, kopbande en maanornamente wegvat,
19. hangende oorringe, armbande, sluiers,
20. kopversiersels, enkelkettings, serpe, reukdosies, gelukbringers,
21. vingerringe, neusringe,
22. feesklere, oormantels, jasse, geldsakkies,
23. handspieëltjies, onderklere, tulbande en gesigdoeke.
24. Nou sal dit gebeur dat in plaas van soet reukwater daar ’n stank sal wees; in plaas van ’n gordel, ’n tou; in plaas van opgedoende hare, ’n uitgeplukte kopvel; in plaas van fyn klere, ’n roukleed en brandmerke in plaas van mooiheid.
25. Jou manne sal deur die swaard val en jou magtiges in die geveg.
26. Haar poorte sal kla en treur en sy sal verlate op die grond sit.