4. Dan sal jy laag gebring word; vanaf die aarde sal jy praat en vanuit die stof waar jy platlê sal jou woorde kom. Jou stem sal wees soos die van ’n gees vanuit die grond en jou stem sal fluister vanuit die stof,
5. maar die menigte van jou vyande sal word soos fyn stof en die menigte van die gewetenloses soos die kaf wat wegwaai; dit sal gou, onverwags gebeur.
6. Vanaf יהוה-Tzva’ot sal jy gestraf word met donder en aardbewing en groot geraas, warrelwind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.
7. Die menigte van al die nasies wat oorlog maak teen Ari’el, almal wat teen hom en sy vesting oorlog maak en hom benoud maak, sal soos ’n droom wees, ’n visioen van die nag.