1. Die profetiese visioen aangaande Dammesek: “Let op, Dammesek is op die punt om as stad verwyder te word en sal ’n gevalle puinhoop word.
2. Die stede van `Aro’er is verlate; hulle sal vir die troppe vee wees om in te lê en daar sal niemand wees om hulle bang te maak nie.
3. Die versterkte stad sal verdwyn uit Efrayim en koningskap uit Dammesek; die wat oorbly van Aram sal wees soos die lof en eer van die seuns van Yisra’el,” verklaar יהוה-Tzva’ot.
4. “In daardie dag sal die lof en eer van Ya’akov wegkwyn en die vettigheid van sy vlees sal maer word.
5. Dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are oes; of dit sal wees soos iemand wat are optel in die vallei van Refa’im.Yeg 20:38
6. Tog sal ’n na-oes daarin gelos word soos by die skud van ’n olyfboom: twee, drie olywe aan die heelboonste tak; vier, vyf aan die takke van ’n vrugbare boom,” verklaar יהוה, die God van Yisra’el.
7. “In daardie dag sal die mens sy Maker in ag neem en sy oë sal kyk na die Afgesonderde Een van Yisra’el.