Yesha'yahu 13:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. want die sterre van die hemel en sy konstelasies sal nie hulle lig laat skyn nie; die son sal donker wees as hy opkom en die maan sal nie sy lig laat skyn nie.

11. So sal Ek die wêreld vir sy boosheid en die morele bose vir sy permissiwiteit straf; Ek sal ook ’n einde maak aan die arrogansie van die trotses en die hoogmoed van die gewetenlose verneder.

12. Ek sal die sterflike mens skaarser maak as suiwer goud en die mensdom as die goud van Ofir.

13. Ek sal daarom die hemel laat bewe en die aarde sal deur die toorn van יהוה-Tzva’ot uit sy plek geskud word in die dag van Sy brandende woede.

14. Dit sal wees soos ’n gasel wat gejag word, of soos kleinvee met niemand om hulle bymekaar te maak nie, hulle sal elkeen na sy eie volk toe draai en elkeen na sy land toe vlug.

15. Enige een wat gevind word, sal deurboor word en elkeen wat gevang word, val deur die swaard.

16. Hulle kinders sal in stukke geslaan word voor hulle oë, hul huise sal geplunder en hul vroue onteer word.

17. Let op, Ek gaan die Mede teen hulle opstook, wat silwer nie sal ag en geen behae in goud sal hê nie.

18. Hulle boë sal die jongmanne afmaai, hulle sal nie eens omgee vir die vrug van die baarmoeder nie; hulle oog sal ook nie jammer wees vir die kinders nie.

19. Bavel, die skoonheid van die koninkryke, die lof en eer van die Kasdeërs se trots, sal wees soos toe God S’dom en `Amorra omgekeer het.

20. Van geslag tot geslag sal dit nooit bewoon word of in geleef word nie en die Arabier sal ook nie sy tent daar opslaan nie en ook sal geen herders hulle vee daar laat lê nie,

21. maar woestyn gediertes sal daar lê en hulle huise sal vol uile wees; volstruise sal ook daar leef en bokramme sal daar rondspring.

Yesha'yahu 13