Yesha'yahu 12:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Julle sal daarom met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.

4. In dié dag sal julle sê: “Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam aan, maak Sy dade onder die volke bekend, laat hulle onthou dat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) hoog opgelig is!

5. Lofprys יהוה deur sang, want Hy het uitstekende dinge gedoen; laat dit bekend wees regdeur die aarde.

6. Jubel en skree uit van vreugde, o inwoners van Tziyon, want die Afgesonderde van Yisra’el is groot in julle midde.”

Yesha'yahu 12