16. Was julleself, maak julleself skoon;Ya’a 1:27
17. leer om goed te doen; soek regverdige oordeel, bestraf die gewetenlose, verdedig die weeskinders, verdedig die saak van die weduwee.Ps 51:9
18. Kom nou en laat ons saam redeneer,’ sê יהוה: ‘Alhoewel julle sondes soos skarlaken is, sal dit so wit wees soos sneeu; alhoewel hulle so rooi is soos karmosyn, sal dit wees soos wol.
19. As julle inwillig en gehoorsaam, sal julle die beste van die land eet,
20. maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur die swaard verteer word. Waarlik, die mond van יהוה het gepraat.
21. Hoe het die getroue stad ’n hoer geword! Sy was vol regverdige oordeel! Onpartydige opregtheid het eens in haar gewoon, maar nou moordenaars!Spr 25:4 jou wyn vermeng met water.
22. Jou silwer het afsaksels geword;
23. Jou heersers is rebelle en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag agter belonings aan. Hulle verdedig nie die weeskinders nie en die saak van die weduwee kom ook nie voor hulle nie;’
24. daarom verklaar die Meester יהוה-Tzva’ot, die Magtige Een van Yisra’el: ‘O, Ek sal My wreek op My teëstanders en vergelding eis van My vyande!
25. Ek sal ook My hand teen jou draai en jou afsaksels soos loog uitsmelt en al jou onsuiwerheid verwyder.
26. Dan sal Ek jou regters soos vroeër herstel en jou raadgewers soos in die begin; daarna sal jy die stad van onpartydige opregtheid genoem word; ’n getroue stad.