Yesha'yahu 1:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die visioene van Yesha’yahu, die seun van Amotz, wat hy gesien het met betrekking tot Y’hudah en Yerushalayim, wat hy gesien het tydens die heerskappye van `Uziyahu, Yotam, Agaz en Hizkiyahu, konings van Y’hudah.

2. “Luister, o hemele en luister, o aarde, want יהוה praat: “Ek het seuns groot gemaak en tot groot hoogtes gebring, maar húlle het teen My in opstand gekom.

3. Selfs ’n os ken sy weiplek en ’n donkie die krip van sy meester, maar Yisra’el ken nie een van die twee nie en My volk verstaan nie wat dit beteken nie.

4. Wee ’n sondige nasie; ’n volk neergedruk met skuld, nageslag van wetteloses, seuns wat korrup optree! Julle het יהוה verlaat. Julle het die Afgesonderde van Yisra’el verag, julle het van Hom af weggedraai.

5. Waar sal julle nog geslaan word, aangesien julle voortgaan in rebellie? Die hele kop is siek en die hele binneste is swak.

6. Vanaf die voetsool tot die kop is daar niks reg nie, net kneusplekke, opswellings en rou wonde; nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.

7. Julle land is verlate, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid; dit is ’n verlatenheid asof deur vreemdes vernietig.

8. Die dogter van Tziyon is verlate soos ’n skerm in ’n wingerd, soos ’n wagtershut in ’n komkommerveld, soos ’n beleërde stad.Rom 9:29

9. As יהוה-Tzva’ot nie vir ons ’n bietjie oorblywendes oorgelos het nie, sou ons soos S’dom geword het, ons sou soos `Amorra gewees het.

10. Hoor die woord van יהוה, heersers van S’dom! Luister na die instruksies van ons God, mense van `Amorra!1 Sh'm 15:22; Mat 9:13; Mat 12:7

11. ‘Wat is julle vermenigvuldigde slagoffers vir My?’ sê יהוה. ‘Ek het genoeg gehad van die brandoffers van ramme en die vet van gevoerde kalwers; Ek het geen plesier in die bloed van bulle, lammers of bokke nie.

12. As julle kom om voor My Teenwoordigheid te verskyn, wie vereis dit van julle, hierdie vertrapping van My voorhowe?

Yesha'yahu 1