Yegezk'el 48:20-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Die volledige toedeling moet vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend el wees; jy moet die afgesonderde toedeling afsonder, ’n vierkant, saam met die eiendom van die stad.

21. Dit wat oorbly sal vir die prins wees, aan weerskante van die afgesonderde toedeling en van die eiendom van die stad; voor die vyf en twintig duisend el van die toedeling na die oostelike grens en weswaarts voor die vyf en twintig duisend el na die westelike grens, langs die gedeeltes, sal vir die prins wees. Die afgesonderde toedeling en die Afgesonderde Plek van die huis moet in die middel daarvan wees.

22. Uitsluitend die eiendom van die Leviete en die eiendom van die stad, wat in die middel lê van dit wat aan die prins behoort, tussen die grens van Y’hudah en die grens van Binyamin, moet alles aan die prins behoort.

23. Vir die res van die stamme: vanaf die oostekant tot by die westekant: Binyamin, een deel;

24. langs die grens van Binyamin, vanaf die oostekant tot by die westekant: Shim’on, een deel;

25. langs die grens van Shim’on, vanaf die oostekant tot by die westekant: Yissakhar, een deel;

26. langs die grens van Yissakhar, vanaf die oostekant tot by die westekant: Z’vulun, een deel;

27. langs die grens van Z’vulun, vanaf die oostekant tot by die westekant: Gad, een deel;

28. langs die grens van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees vanaf Tamar na die waters van M’rivat-Kadesh, na die spruit van Mitzrayim tot by die Groot see.

29. Hierdie is die land wat julle as erfenis moet verdeel tussen die stamme van Yisra’el en dit is hulle gedeeltes,” verklaar יהוה-God.

30. “Hierdie is die uitgange van die stad: aan die noordekant, vier duisend vyf honderd el uitgemeet,Open 21:12,13

31. sal die poorte van die stad wees, genoem volgens die name van die stamme van Yisra’el; drie poorte aan die noorde: die poort van Re’uven, een; die poort van Y’hudah, een; die poort van Levi, een.

32. Aan die oostekant, vier duisend vyf honderd el, sal drie poorte wees: die poort van Yosef, een; die poort van Binyamin, een; die poort van Dan, een.

33. Aan die suidekant, vier duisend vyf honderd el afgemeet, sal drie poorte wees: die poort van Shim’on, een; die poort van Yissakhar, een; die poort van Z’vulun, een.

34. Aan die westekant, vier duisend vyf honderd el, sal drie poorte wees: die poort van Gad, een; die poort van Asher, een; die poort van Naftali, een.Yir 33:16; Z’kh 8:3; Ps 139:8-10

35. Agttien duisend el reg rondom en die naam van die stad sal van dié dag af wees: ‘יהוה is daar’ (יהוה-Shamah!).”Yeg 17:13-15

Yegezk'el 48