Yegezk'el 45:8-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dit sal sy land wees as ’n besitting in Yisra’el; so sal My prinse nie langer My volk onderdruk nie, maar die res van die land aan die huis van Yisra’el gee volgens hulle stamme.”

9. So sê יהוה-God: “Dit is nou genoeg, prinse van Yisra’el; verwyder geweld en vernietiging en beoefen regverdige oordeel, onpartydige opregtheid. Stop jou onteiening van My mense,” verklaar יהוה-God.

10. Julle moet regverdige weegskale hê, ’n regverdige efa en ’n regverdige bat.

Yegezk'el 45