Yegezk'el 40:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe het hy na die poort toe gegaan wat oos kyk, met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een meetstok in breedte en die ander drumpel: een meetstok in breedte.

7. Die wagkamer: een meetstok lank en een meetstok breed en daar was vyf el tussen die wagkamers. Die drumpel van die poort langs die stoep van die poort aan die binnekant: een meetstok.

8. Toe het hy die stoep van die poort aan die binnekant gemeet: een meetstok.

9. Hy het die stoep van die poort gemeet: agt el en sy sypilare: twee el; die stoep van die poort was aan die binnekant.

10. Daar was drie wagkamers by die poort na die ooste aan elke kant; al drie het dieselfde afmetings gehad. Die sypilare, weerskante, het ook dieselfde afmetings gehad.

11. Hy het die wydte van die poort-ingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12. Daar was ’n afskortingsmuur voor die wagkamers van een el aan elke kant en die wagkamers was ses el aan elke kant.

13. Hy het die poort gemeet vanaf die dak van die een wagkamer tot by die dak van die ander: ’n breedte van vyf en twintig el, vanaf deur tot deur.

Yegezk'el 40