2. “Seun van ’n mens, sê aan die leier van Tzor: ‘So sê יהוה-God: “Omdat jou verstand, wil en emosie hoogmoedig was en jy gesê het: ‘Ek is ’n god, ek sit op die troon van gode in die kern van die seë’; tog is jy ’n mens en nie god nie, alhoewel jy jou verstand, wil en emosie maak soos die van ’n god.
3. Let op, jy is wyser as Dani’el, daar is geen geheim wat vir jou duister is nie!
4. Deur jou wysheid en begrip het jy vir jouself rykdom verkry en goud en silwer vir jou skatkamers.
5. Deur jou groot wysheid, deur jou handel, het jy jou rykdom vermeerder en jou verstand, wil en emosie het hoogmoedig geword deur jou rykdom.1 Tim 3:6
6. יהוה-God sê daarom: ‘Omdat jy jou verstand, wil en emosie gemaak het soos die van ’n god,
7. let daarom op, Ek sal vreemdelinge oor jou bring, die geweldadigste van die nasies en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid van jou wysheid en jou glans onteer.
8. Hulle sal jou afbring na die put en jy sal die dood sterf van die wat doodgemaak word in die diepte van die seë.
9. Sal jy nog sê, “Ek is ’n god,” in die teenwoordigheid van hom wat jou doodmaak terwyl jy ’n mens en nie ’n god is nie, in die hand van hulle wat jou wond?
10. Jy sal die dood van onbesnedenes sterf, deur die hand van vreemdelinge, want Ek het gepraat,’ verklaar יהוה-God.”’”
11. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:
12. “Seun van ’n mens, hef ’n klaaglied aan oor die koning van Tzor en sê vir hom: ‘So sê יהוה-God: “Jy het die merk van volmaaktheid gehad, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
13. Jy was in `Eden, die tuin van God; elke edelgesteente was jou bedekking: robyn, topaas en diamant; beril, oniks en jaspis; lapis lazuli, turkoois en saffier en goud, die vakmanskap van jou monterings en holtes, was in jou. Op die dag toe jy geskape is, is hulle voorberei.
14. Jy was by die gesalfde gerub wat bedek en Ek het jou op die afgesonderde berg van God geplaas; jy was veilig tussen die klippe van vuur.
15. Jy was onberispelik in jou lewenswyse van die dag af dat jy geskape is totdat daar boosheid in jou gevind is.
16. Deur die oorvloed van jou koophandel het jy jou binneste met oortredinge gevul en jy het gesondig; daarom sal Ek jou van die berg van God afgooi en Ek sal jou van tussen die klippe van vuur vernietig, o gérub wat bedek!
17. Jou verstand, wil en emosie was hoogmoedig as gevolg van jou skoonheid; jy het jou wysheid korrup gemaak deur jou glans. Ek het jou op die grond neergegooi, Ek het jou voor die konings gesit sodat hulle jou kan sien.