Spreuke 30:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. ’n geslag; hoe trots is hulle oë en hoe hoog is hul ooglede opgetrek!

14. ’n Geslag wie se tande soos swaarde is, hulle tande is soos messe, om die armes van die aarde af te verteer en die behoeftiges van tussen die mense.

15. Die bloedsuier het drie dogters, daar is drie dinge wat nooit versadig word nie; ja, ’n vierde wat nooit sê: “Dit is genoeg,” nie:

16. Sh’ol en die onvrugbare baarmoeder, die aarde wat nie bevredig word met water nie en die vuur wat nooit sê: “Dit is genoeg,” nie!

Spreuke 30