Spreuke 27:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. ’n Man met onderskeiding voorsien die boosheid en steek homself weg, maar die dwaas gaan aan en ly skade.

13. Die een wat borg staan vir ’n vreemdeling, se kleed sal van hom af weggevat word en as pand vir ’n vreemdeling gehou word.

14. Hy wat sy vriend met ’n vleiende harde stem seën, is nie verskillend van hom wat vloek nie.

15. Soos ’n aanhoudende gedrup op ’n reënerige dag, so is ’n twisgierige vrou.

16. Die Noordewind is hard, maar dit word die regte wind genoem.

17. Yster slyp yster, so verlig ’n man die gesig van sy vriend.

18. Hy wat ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet en hy wat versigtig is vir sy meester, sal geëer word.

19. Soos gesigte nie ooreenkom met gesigte nie, so kom die verstand, wil en emosies nie ooreen met mekaar nie.

20. Sh’ol en vernietiging is nooit vol nie; so word die oë van ’n mens nie versadig nie.

21. Soos die smeltkroes vir die silwer is en die oond vir die goud, so word ’n man getoets deur die monde wat hom eer. Die verstand, wil en emosie van die bose begeer boosheid en die verstand wil en emosie van die een wat liefdevolle goedheid gee, begeer kennis.

22. Al slaan jy die dwaas in die middel van ’n vergadering, sal jy hom niks goeds doen nie en ook nie sy dwaasheid van hom laat wyk nie.

23. Wanneer jy jou skape voed, ken hulle gesigte en konsentreer op die trop.

24. Besittings is nie vir ewig nie en net so kan die kroon nie oorgedra word in ewige geslagte nie.

Spreuke 27