Spreuke 15:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die bose man hou nie van een wat hom bestraf nie en hy sal ook nie saam met die wyse loop nie.

13. ’n Vrolike verstand wil en emosie maak ’n blymoedige gesig, maar deur smart van die verstand, wil en emosie is die gees gebroke.

14. Die verstand wil en emosie van die regverdige soek kennis, maar die mond van die dwase uiter boosheid.

15. Al die dae van die arme is gevul met probleme, maar hulle wat ’n blymoedige verstand, wil en emosie het, het ’n voortdurende rustigheid.

16. ’n Klein bietjie, saam met respekvolle vrees vir יהוה, is beter as die groot skatte van die bose.

17. ’n Ete van groente waar liefde is, is beter as ’n vetgevoerde bees saam met haat.

18. ’n Humeurige man verwek twis, maar hy wat stadig is om kwaad te word, bring vrede in ’n stryery.

19. Die lewenswyse van die luiaard is vol dorings, maar die pad van die opregtes is eenvoudig.

20. ’n Wyse seun maak sy vader gelukkig, maar ’n dwase seun is ’n vernedering vir sy moeder.

21. ’n Dwase man het ’n gebrek aan insig, maar ’n man van insig leef opreg.

22. Hulle wat onverdiende respek vir raadgewing het, faal om die doel daarvan te waardeer, maar deur die veelheid van raadgewers, word die raad bevestig.

Spreuke 15