14. Die parmantige in verstand, wil en emosie sal versadig word met die vrug van sy lewenswyse en die goeie man sal tevrede wees met die respek wat hy ontvang.
15. Die eenvoudige vertrou elke woord, maar die skrandere onderskei tussen goed en boos.
16. Die wyse man is versigtig en gaan weg van boosheid, maar die dwaas peuter daarmee met selfvertroue.
17. ’n Man, haastig in alles wat hy doen, soek nooit raad nie, maar ’n wyse man is gematig.
18. Dwase erf dwaasheid, maar die skranderes deel kennis uit.
19. Bose manne sal plat neerbuig voor die goeies en die bose sal kom om te bedel by die poorte van die regverdige.
20. Die arme word selfs deur sy eie naaste gehaat, maar die rykes het baie vriende.
21. Wie sy naaste verag, doen sonde, maar hy wat omgee vir die armes, hy is gelukkig.
22. Die bose fouteer wanneer hulle boosheid beplan, maar manne van liefdevolle omgee en waarheid, doen allerhande goedheid. Die werkers van boosheid verstaan nie die waarheid en onverdiende guns nie; liefdevolle goedheid en waarheid is by die werkers van die goeie.
23. In al jou werke is daar wins, maar hy wat jonk is, is sonder sorge en op sy gemak. יהוה genees elke wond, maar die praat van die lippe van die dwaas neig net na armoede.
24. Die kroon van die wyse is hulle rykdom, maar die boosheid van die dwase is hul verstandeloosheid.
25. ’n Ware getuie bevry lewens, maar ’n bedrieglike getuie praat valsheid.
26. In respekvolle vrees vir יהוה lê ’n sterk versekerdheid en sy kinders sal ’n plek van skuiling hê.Spr 13:14
27. Respekvolle vrees vir יהוה is ’n fontein van lewe vir hulle wat wegdraai van die strikke van die dood.
28. In die menigte van die bevolking is die eer van die koning, maar in die vernietiging van die mense is die ondergang van die koning.
29. Hy wat stadig is om kwaad te word, het groot insig, maar hy wat kort van humeur is, is uitsonderlik dwaas.
30. Hy wat sy woede afkoel, is ’n geneesheer van sy eie verstand, wil en emosie, maar woede is die verrotting van die gebeente.
31. Hy wat die arme onderdruk, tart sy Maker, maar hy wat יהוה eer, het onverdiende guns vir die behoeftiges.1 Yog 1:7; 1 Yog 3:3-6