6. Sy het afgegaan na die dorsvloer en gedoen volgens alles wat haar skoonmoeder haar beveel het.
7. Nadat Bo’az geëet en gedrink het en sy binneste vrolik was, het hy gaan lê langs die dorsvloer. Terwyl hy in diep slaap was by die dorsvloer, het sy stilletjies gekom en die onderpunt van sy bo-kleed opgelig en naby sy voete gaan lê.
8. Dit het om middernag gebeur dat die man wakker geword het en geskrik het toe hy sien daar lê ’n vrou by sy voete.
9. Hy vra vir haar: “Wie is jy?” Sy antwoord: “Ek is Rut, u dienares; bedek dan u dienares met die onderkant van u bo-kleed, want u is naby familie.”
10. Bo’az sê vir haar: “Geseënd is jy deur יהוה, my dogter, want jy het meer goedheid gewys in die later deel van jou lewe as in die eerste omdat jy nie agter jongmanne, ryk of arm, aangegaan het nie.
11. Wees nou nie bang nie, my dogter, want alles wat jy van my vra, sal ek vir jou doen, want die hele familie van ons volk weet dat jy ’n deugsame vrou is.
12. Nou, dit is waar dat ek naby familie is, maar daar is egter ’n ander familielid, nader as ek.
13. Nou, bly vannag hier tot die sonsopkoms en in die oggend sal dit wees dat, as hy sy familieplig teenoor jou wil nakom, laat hy dit doen, maar as hy onwillig is om dit na te kom, dan, so waar as יהוה leef, as hy dit nie doen nie, dan sal ek dit doen!” Toe sê hy vir haar: “Bly lê tot die oggend toe.”
14. Sy het by sy voete gelê tot die oggend toe en het vroeg die oggend terwyl dit nog donker was, voordat een die ander kon herken, opgestaan en vir hom gesê: “Laat dit nie bekend wees dat ek afgekom het na u toe, by die dorsvloer nie.”
15. Bo’az sê vir haar: “Sprei jou mantel oop” en sy het dit oopgesprei. Hy het ses mate gars afgemeet en dit opgelig en op haar rug gesit en sy het die stad ingegaan.
16. Toe sy by haar skoonmoeder gekom het, vra sy vir haar: “Wie is jy, my dogter? Sy antwoord: “Ek is Rut.” Sy het aan haar alles vertel wat Bo’az vir haar gedoen het
17. en hoe hy ses mate gars vir haar gegee en gesê het: “Moenie met leë hande na jou skoonmoeder toe gaan nie.”
18. Toe sê haar skoonmoeder vir haar: “Sit stil, my dogter totdat jy die uitslag ken, want die man sal nie rus totdat hy vandag nog die saak tot ’n besluit gebring het nie.”