Romeine 12:8-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. daar is dié van ’n vertrooster, wat in Sy vertroosting is; ’n gewer in vrygewigheid; ’n leier met ywerigheid; daar is dié vir een wat omgeedade bewys met blymoedigheid.

9. Laat jou liefde sonder misleiding wees, haat wat boos is en klou aan die goeie;

10. wees jy aangetrokke teenoor jou broers en wees lief vir mekaar; gaan jy voor in die eerbetoning van mekaar;

11. wees jy fluks en nie lui nie; wees jy entoesiasties van gees in jou werk vir die Meester;

12. wees jy vreugdevol in die versekerde verwagting; hou uit in jou moeilikheid; volhard voortdurend in gebed;

13. wees jy ’n deelgenoot aan die behoeftes van die afgesonderdes; wees jy gasvry teenoor vreemdelinge;

14. seën dié wat jou vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15. wees bly saam met die wat bly is en huil saam met die wat huil;

16. wat jy ook al van jouself dink, dink net so van jou broers; moenie jouself hoog ag nie, maar assosieer met die nederiges; moenie wys wees in jou eie opinie nie;

17. moenie iemand se boosheid met boosheid terugbetaal nie, maar dit moet vir jou belangrik wees om goed te doen voor alle mense.

18. As dit moontlik is, sover dit van jou afhang, maak vrede met alle mense.Deut 32:41

19. Moenie self wraak neem nie, julle vir wie ons lief is, maar gee plek vir die wraak, want daar is geskrywe: “As jy nie self oordeel sal uitspreek nie, sal Ek namens jou oordeel, sê God.”Spr 25:21-22

20. As jou vyand honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want deur dit te doen sal jy vurige kole ophoop op sy kop.

Romeine 12