Rigters 5:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het D’vorah en Barak, die seun van Avino’am, op daardie dag gesing en gesê:

2. “Dat die leiers in Yisra’el gelei het en dat die volk gewillig was; lofprys יהוה!

3. Hoor, o konings! Luister, o heersers! Ek sal sing tot יהוה; ek sal met instrumente tot יהוה, die God van Yisra’el, speel.

4. יהוה, toe U uitgegaan het uit Se’ir; toe U marsjeer het uit die veld van Edom; het die aarde gebewe, ook die hemele het gedrup, selfs die wolke het water gedrup.

5. Die berge het geskud in die Teenwoordigheid van יהוה; hierdie Sinai in die Teenwoordigheid van יהוה, die God van Yisra’el.

6. In die dae van Shamgar, die seun van `Anat; in die dae van Ya’el, was die hoofpaaie verlate en die reisigers het langs ompaaie gegaan.

7. Leierskap het opgehou, dit het opgehou in Yisra’el totdat ek, D’vorah, opgestaan het; totdat ek, ’n moeder in Yisra’el, opgestaan het.

8. Nuwe gode is gekies; toe is daar oorlog in die poorte. Daar was nie ’n skild of spies te sien onder veertig duisend in Yisra’el nie.

9. My diepste binneste gaan uit na die bevelvoerders van Yisra’el; die vrywilligers onder die volk; lofprys יהוה!

10. Julle wat op wit donkies ry; julle wat op die hoogte bly; julle wat reis op die pad,

Rigters 5