Rigters 20:33-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Toe staan al die manne van Yisra’el op uit hulle plekke en neem stelling in by Ba’al-Tamar en die manne van Yisra’el wat in hinderlaag was ruk op uit hulle plekke, uit die grotte van Giv’ah.

34. Toe tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Yisra’el teen Giv’ah aankom, het die geveg hewig geword, maar Binyamin het nie geweet dat die ramp naby hulle was nie.

35. יהוה het Binyamin voor Yisra’el verslaan sodat die seuns van Yisra’el op dié dag vyf en twintig duisend een honderd man, wat almal die swaard uittrek, van Binyamin vernietig het.

36. Die seuns van Binyamin het gesien dat hulle verslaan is. Toe die manne van Yisra’el ruimte vir Binyamin gee omdat hulle vertrou het op die manne in die hinderlaag wat hulle teen Giv’ah opgestel het,

37. het die manne in die hinderlaag vinnig teen Giv’ah gestorm; die manne in die hinderlaag het ook ontplooi en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.

38. Die gegewe teken tussen die manne van Yisra’el en die manne in die hinderlaag was dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad sal laat optrek.

39. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai in die geveg en Binyamin het begin om ongeveer dertig man van Yisra’el neer te slaan, want hulle het gedink: “Hulle is sekerlik voor ons verslaan soos in die eerste geveg.”

40. Toe die wolk egter begin optrek uit die stad in ’n rookpilaar het Binyamin agter hom gekyk en let op, die hele stad het in rook opgegaan na die hemel!

41. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai en die manne van Binyamin was vreesbevange, want hulle het gesien dat die ramp naby hulle was;

42. daarom het hulle hul rûe op die manne van Yisra’el gedraai in die rigting van die wildernis, maar die geveg het hulle ingehaal terwyl die wat uit die stede kom, hulle tussen hulle vernietig.

43. Hulle het Binyamin omsingel, hulle agtervolg sonder rus en hulle vertrap oorkant Giv’ah, aan die oostekant.

44. So het daar agttien duisend man van Binyamin geval en almal was dapper soldate.

45. Die res het omgedraai en na die wildernis gevlug, na die rots van Rimmon, maar hulle het vyf duisend van hulle op die grootpaaie gevang en hulle ingehaal by Gid’om en twee duisend van hulle doodgemaak.

Rigters 20