3. Toe ek sien dat jy my nie gaan bevry nie, het ek my lewe in my hande geneem en oorgegaan na die seuns van `Ammon en יהוה het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgekom om teen my te veg?”
4. Toe het Yiftag al die manne van Gil’ad bymekaargemaak en teen Efrayim geveg en die manne van Gil’ad het Efrayim verslaan omdat hulle gesê het: “Julle, o Gil’adiete, is vlugtelinge van Efrayim, tussen Efrayim en tussen M’nashah.”
5. Gil’ad het die driwwe van die Yarden oorkant Efrayim ingeneem en dit het gebeur as die vlugtelinge van Efrayim sê: “Laat my oorgaan, dan vra die manne van Gil’ad vir hom: “Is jy ’n Efrayimiet?” As hy sê: “Nee,”
6. dan vra hulle vir hom: “Sê nou, Shibbolet!” As hy egter sê: “Sibbolet” omdat hy dit nie reg kan uitspreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Yarden-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efrayim twee en veertig duisend man geval.
7. Yiftag het Yisra’el ses jaar lank gerig. Toe is Yiftag, die Gil’adiet dood en is begrawe in een van die stede van Gil’ad.