Rigters 11:24-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Besit u nie wat u god K’mosh u gegee het om te besit nie? So wat ook al יהוה, ons God, voor ons uit verdrywe het, sal ons besit.Num 23, 25, 31; Deut 2:9

25. Is u nou enigsins beter as Balak, die seun van Tzippor, die koning van Mo’av? Het hy ooit met Yisra’el getwis, of ooit teen hulle geveg?

26. Terwyl Yisra’el in Heshbon met sy dorpies, in `Aro’er met sy dorpies en in al die stede wat langs die Arnon lê, gebly het vir drie honderd jaar lank, waarom het julle dit nie binne daardie tyd teruggevat nie?

27. Ek het daarom nie teen u gesondig nie, maar ú doen kwaad aan my deur teen my oorlog te maak. Mag יהוה-HaShafat (die Regter) vandag oordeel tussen die seuns van Yisra’el en die seuns van `Ammon!”

28. Die koning van die seuns van `Ammon het egter die boodskap wat Yiftag vir hom gestuur het, verwerp.

29. Die Gees van יהוה het op Yiftag gekom sodat hy deur Gil’ad en M’nasheh gegaan het; toe het hy deur Mitzpeh in Gil’ad gegaan en van Mitzpeh in Gil’ad het hy aangegaan na die seuns van `Ammon.

30. Yiftag het ’n gelofte aan יהוה gedoen en gesê: “As U waarlik die seuns van `Ammon in my hand gee,Lev 27

31. dan sal dit wees dat wat ook al uitkom uit die deure van my huis om my te ontmoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van `Ammon, aan יהוה sal behoort en ek sal dit as ’n brandoffer offer.”

32. So het Yiftag oorgegaan na die seuns van `Ammon om teen hulle te veg en יהוה het hulle in sy hand gegee.

33. Hy het hulle met ’n baie groot slag verslaan van `Aro’er af tot by die ingang van Minnit, twintig stede en sover as tot by Avel-K’ramim. So is die seuns van `Ammon verneder voor die seuns van Yisra’el.

34. Toe Yiftag in Mitzpah by sy huis kom, let op, het sy dogter uitgekom om hom te ontmoet met tamboeryn en dans. Sy was sy absoluut enigste kind; behalwe vir haar het hy geen seun of dogter gehad nie.

35. Toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: “Ag, my dogter! Jy laat my baie laag neerbuig en jy is tussen hulle wat vir my moeilikheid bring, want ek het my woord aan יהוה gegee en ek kan dit nie terugtrek nie.”

36. Sy antwoord hom: “My vader, u het u woord aan יהוה gegee; doen aan my soos u gesê het, aangesien יהוה u gewreek het op u vyande, die seuns van `Ammon.”

37. Sy het vir haar vader gesê: “Laat dít vir my gedoen word: laat my twee maande alleen sodat ek kan weggaan na die berge en kan huil oor my maagdelikheid, ek en my vriendinne.”

38. Toe sê hy: “Gaan!” So het hy haar vir twee maande weggestuur en sy het weggegaan saam met haar vriendinne en oor haar maagdelikheid gehuil op die berge.

39. Aan die einde van twee maande het sy na haar vader teruggekom en hy het aan haar gedoen volgens die gelofte wat hy gedoen het en sy het geen man intiem geken nie. Dit het dus ’n tradisie geword in Yisra’el

40. dat die dogters van Yisra’el elke jaar gaan om die dogter van Yiftag, die Gil’adiet, te herdenk, vier dae in die jaar.

Rigters 11