Psalms 92:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. ’n Dom mens weet nie en ook verstaan ’n dwaas dit nie:

7. as die goddelose mense opspring soos gras en al die werkers van boosheid floreer, is dit dat hulle vir ewig vernietig sal wees,

8. maar U is die Allerhoogste vir ewig, יהוה,

9. want let op, U vyande, o יהוה, let op, U vyande sal vergaan; al die werkers van boosheid sal verstrooi word,

10. maar U verhoog my horing soos die horing van ’n wilde bul (Aurogs); ek sal gesalf word met welriekende olie.

Psalms 92