Psalms 84:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle het deur die vallei van trane gegaan en dit ’n blyplek gemaak; die Wetgewer sal dit oordek met seëninge.

7. Hulle sal gaan van krag tot krag; die God van die gode sal in Tziyon gesien word.

8. יהוה, God van die leërmagte, hoor my gebed; luister, o God van Ya’akov!

9. Let op, o God, ons Skild en kyk na die gesig van U gesalfde,

10. want ’n dag in U howe is beter as ’n duisend; ek sal eerder kies om te bly in die huis van my God as om te bly in die tente van die bose,

11. want יהוה-God is ons Voorsiener en ons Helper; יהוה sal onverdiende guns, lof en eer gee; Hy sal geen goeie ding terughou van hom wat opreg lewe nie.

12. יהוה-Tzva’ot, gelukkig is die mens wat in U vertrou!

Psalms 84