Psalms 84:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: op ’n Gittitiese harp, ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Hoe lieflik is U tente, o יהוה-Tzva’ot!Open 1:18

2. My lewe verlang, ja, smag na die voorhowe van יהוה; my verstand, wil en emosie en my vlees roep uit van vreugde tot die lewende God.

3. Selfs die swaweltjie het ’n huis gevind en die duif ’n nes vir haarself, waar hulle hul kleintjies naby U altare grootmaak, יהוה-Tzva’ot, my Koning en my God!

4. Gelukkig is hulle wat in U huis bly; hulle sal U helder en duidelik loof vir ewig.

Psalms 84