1. Vir die musiekleier: op ’n Gittitiese harp, ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Sing van vreugde tot God, ons sterkte; roep uit van vreugde tot die God van Ya’akov!
2. Maak musiek met instrumente en bring die tamboeryn, die aangename harp en die lier.
3. Blaas die ramshoring op die Nuwemaan en op die vasgestelde tye, op ons ernstige feesdae,
4. want dit is ’n instelling vir Yisra’el en ’n wet van die God van Ya’akov.