Psalms 80:15-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. wat U regterhand geplant het en die tak wat U vir Uself sterk gemaak het.

16. Dit is met vuur verbrand, dit is afgekap; hulle sterf weens die teregwysing van U Teenwoordigheid.

17. Laat U regterhand wees oor die man en die seun van ’n mens wat U vir Uself sterk gemaak het.

18. Ons sal nie van U af teruggaan nie; herstel ons en ons sal U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep.

19. Lei ons weer, o יהוה, God van die leërmagte, laat U gesig skyn en ons sal gered word.

Psalms 80