Psalms 80:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die berge was oordek met sy skaduwee en sy ranke was oor die seders van God.

11. Hy het sy wortels uitgestuur tot by die see en sy takke na die riviere toe.

12. Waarom het U dan sy skanse stukkend gebreek sodat almal wat met die pad verbygaan, oor hom trap?

13. Die wildevark uit die bos eet hom op en die wilde diere van die veld eet van hom.

14. Ons smeek U om terug te kom, o God van die leërmagte, kyk vanaf die hemel en let op en besoek hierdie wingerdstok

15. wat U regterhand geplant het en die tak wat U vir Uself sterk gemaak het.

16. Dit is met vuur verbrand, dit is afgekap; hulle sterf weens die teregwysing van U Teenwoordigheid.

17. Laat U regterhand wees oor die man en die seun van ’n mens wat U vir Uself sterk gemaak het.

18. Ons sal nie van U af teruggaan nie; herstel ons en ons sal U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep.

19. Lei ons weer, o יהוה, God van die leërmagte, laat U gesig skyn en ons sal gered word.

Psalms 80