1. Vir die musiekleier: op die wysie van “Lelies,” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Luister, o Herder van Yisra’el, U wat Yosef soos ’n trop lei, U wat sit op die gérubs, gee lig!
2. Wys U krag voor Efrayim, Binyamin en M’nasheh en kom en red ons!
3. Lei ons weer, o Magtige God en laat U gesig skyn en ons sal gered word.
4. O יהוה, God van die leërmagte, hoe lank sal U kwaad wees teen die gebed van U volk?
5. U voed hulle met die brood van trane en gee vir hulle trane in oorvloed om te drink.
6. U het van ons ’n grap gemaak teenoor ons bure en ons vyande lag teenoor hulleself.
7. Lei ons weer, o God van die leërmagte en laat U gesig skyn en ons sal gered word!
8. U het ’n wingerdstok uit Mitzrayim gebring; U het die ander nasies verdrywe en hom geplant.
9. U het die grond voorberei en dit diep laat wortelskiet en die land gevul.
10. Die berge was oordek met sy skaduwee en sy ranke was oor die seders van God.
11. Hy het sy wortels uitgestuur tot by die see en sy takke na die riviere toe.
12. Waarom het U dan sy skanse stukkend gebreek sodat almal wat met die pad verbygaan, oor hom trap?