Psalms 78:39-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. want Hy het onthou dat hulle slegs vlees is, ’n wind wat verbygaan en nie weer kom nie.

40. Hoe dikwels het hulle Hom kwaad gemaak in die wildernis, Hom gegrief in die woestyn.

41. Ja, hulle het teruggedraai en God getoets, die Afgesonderde Een van Yisra’el geïgnoreer.

42. Hulle het nie Sy hand onthou nie, of die dag toe Hy hulle van die onderdrukker bevry het nie,

43. hoe Hy Sy tekens in Mitzrayim gedoen het en Sy wonders in die veld van Tzo’an,

44. of hoe Hy hulle riviere en hulle stroompies in bloed verander het sodat hulle nie kon drink nie.

45. Hy het swerms insekte tussen hulle ingestuur wat hulle opgevreet het en paddas wat hulle vernietig het.

46. Hy het ook hulle oes aan die sprinkane gegee en hulle harde werk aan die rusper.

Psalms 78