24. en vir hulle ‘man hu’ laat reën het om te eet en vir hulle van die brood van die hemel gegee het;
25. die mens het die kos van engele geëet; en Hy het vir hulle oorvloediglik wild gestuur.
26. Hy het winde laat waai in die lug en deur Sy krag die Suidewind ingebring;
27. Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see
28. en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.
29. Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.
30. Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,
31. het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.
32. Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;
33. daarom is hulle dae in sinnelose boosheid deurgebring en hulle jare in ongeduld.