Psalms 78:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. In die dag het Hy hulle ook gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur.

15. Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle laat drink soos uit groot dieptes.

16. Hy het strome ook uit die rots laat uitgaan en die waters laat afloop soos riviere,

17. maar die mense het voortgegaan om te sondig en om te murmureer teen die Allerhoogste in hulle dors na water

18. en hulle het God getoets in hul verstand, wil en emosie deur kos te vra om hulle begeertes te vervul.

19. Ja, hulle het teen God gekla. Hulle het gesê: “Kan God tafels met kos voorsien in die wildernis?

20. Let op, Hy het die rots geslaan dat waters uitvloei en die strome oorvloei; kan Hy brood ook gee, kan Hy kos gee vir Sy mense?

Psalms 78