Psalms 74:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Onderriggewende gedig van Asaf. O God, waarom het U ons vir altyd weggestoot? Waarom het U woede ontvlam teen die skape van U trop?

2. Onthou U vergadering wat U van ouds besit het, die stam van U erfenis, wat U losgekoop het; hierdie berg Tziyon waarin U gebly het.

3. Verhoog U diensknegte bo dié wat weggevoer word deur mag; almal wat onderdruk, is vyande van U Afgesonderde Plek.

4. U teëstanders het hulleself verhoog te midde van U feeste, hulle het hul baniere as tekens opgestel.

5. U weet hierdie dinge, as die Verhoogde Een wat daarbo sit; hulle het die deure met byle afgekap soos wat hulle die bome van die woud sou afkap.

6. Hulle het alles met byle en hamers vernietig.

7. Hulle het U Afgesonderde Plek aan die brand gesteek en afgebrand. Hulle het die blyplek van U Naam op aarde onteer.

8. Hulle het in hul binneste gesê: “Laat ons hulle saam vernietig! Laat ons al die feesdae van God in die land afskaf.”

9. Hulle het nie die wonders daarvan gesien nie, want daar is geen profeet meer nie en ook is daar geen wyse man onder ons nie.

Psalms 74