Psalms 7:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. יהוה oordeel die volke. Oordeel oor my, יהוה, volgens my onpartydige opregtheid en my integriteit wat in my is.

9. Laat die boosheid van die wetsoortreders tot ’n einde kom, maar bevestig die regverdige, o Ondersoeker van die verstand, wil en emosies en die lewens!

10. My skild is by God wat die opregtes van verstand, wil en emosie red.

11. God is ’n regverdige Regter en ’n God wat nie elke dag kwaad is nie.

Psalms 7