Psalms 7:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Staan op, יהוה, in U woede, lig Uself op teen die woede van my teëstanders en staan op vir my; U het regverdige oordeel aangestel!

7. Laat die vergadering van die volke U omring; om hulle onthalwe keer terug na bo!

8. יהוה oordeel die volke. Oordeel oor my, יהוה, volgens my onpartydige opregtheid en my integriteit wat in my is.

9. Laat die boosheid van die wetsoortreders tot ’n einde kom, maar bevestig die regverdige, o Ondersoeker van die verstand, wil en emosies en die lewens!

Psalms 7