Psalms 69:4-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my kop;

5. O God, U ken my dwaasheid en my sonde is nie vir U weggesteek nie.

6. Laat hulle wat op U vertrou nie deur my beskaamd wees nie, o יהוה, God van die leërmagte! Laat die wat U soek, nie deur my onteer word nie, o God van Yisra’el,

7. want om U ontwil dra ek vernedering en bedek skande my gesig.

8. Ek het ’n vreemdeling vir my broers geword en ’n onbekende vir die seuns van my moeder,Yog 2:17

9. want die ywer vir U huis het my verteer en die ontering van die wat U onteer, het op my geval.

10. Wanneer ek my lewe verneder en gedissiplineer het deur te vas, was dit tot my vernedering.

11. Ek het ook ’n roukleed my klere gemaak en ’n spreekwoord vir hulle geword.

12. Hulle wat in die poort sit, praat teen my en ek was die lied van die dronkaards,

13. maar wat my betref, my gebed is tot U, o יהוה; op ’n aanvaarbare tyd, o God, in U oorvloedige onverdiende guns, antwoord my, in U oorvloedige redding!

14. Bevry my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my bevry word uit die diep waters en van hulle wat my haat.

15. Laat die watervloed nie oor my stroom en ook die dieptes my nie insluk nie en laat die put nie sy mond oor my toemaak nie!

16. Antwoord my, o יהוה, want U liefdevolle sagtheid is goed; draai na my met die oorvloed van U liefdevolle omgee.

17. Verberg nie U gesig vir U kneg nie, want ek is in die moeilikheid. Antwoord my gou!

18. Kom nader aan my lewe en koop dit los; bevry my as gevolg van my vyande.

Psalms 69