1. Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 Mag God aan ons onverdiende guns skenk en ons seën; Sy Teenwoordigheid oor ons laat skyn
2. sodat die mense op aarde U lewenswyse mag ken, U reddende genesing onder al die nasies.
3. Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande.
4. Laat die nasies bly wees en hardop sing, want U sal die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde regeer.