Psalms 63:2-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Soos ek U Afgesonderdheid gesien het, mag ek só U krag en U Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien,

3. want U liefdevolle goedheid is beter as die lewe; my lippe sal U uitbundig prys.

4. Só sal ek neerkniel en U seën terwyl ek lewe, ek sal my hande oplig in U Karakter en Outoriteit (Naam).

5. My lewe sal verryk word soos met room en vettigheid en my mond sal uitroep met helder lof oor vreugdevolle lippe.

6. Ek onthou U op my bed en ek oordink U in die nagwake,

7. want U is my Helper; daarom sal ek lof, eer en aanbidding bring in die skaduwee van U vlerke.

8. My lewe volg moeilik agter U aan, U regterhand hou my op,

Psalms 63