Psalms 62:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. My lewe wag net op God, want van Hom is my verlossing!

6. Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.

7. In God is my verlossing, my lof en eer; God is my Krag, my Skuilplek en my Versekerde Verwagting.

8. Vertrou altyd op Hom, o volk, stort julle verstand, wil en emosie uit voor Sy Teenwoordigheid! God is ’n Skuilplek vir ons.Dan 5:27

9. Sekerlik is alle ontroue mense soos wasem; wanneer hulle op die weegskaal geplaas word, word hulle te lig bevind.

10. Vertrou nie op onderdrukking en bou geen leë verwagtings op rowery nie; as rykdom vermeerder, laat jou binneste daaroor bly wees!

11. God het dit een keer gesê, twee keer het ek dit gehoor: dat krag aan God behoort.Spr 24:12; Iyov 34:11; Mat 16:27; Rom 2:6-10

12. Aan U, o יהוה, behoort ook die liefdevolle goedheid, want U gee vir elkeen volgens sy werk.

Psalms 62