Psalms 6:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op snaarinstrumente; op die agt-snaar lier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, bestraf my nie in U woede en dissiplineer my nie in U toorn nie.

2. Wys onverdiende guns aan my, יהוה, want ek kwyn weg; maak my gesond, יהוה, want my gebeente is ontsteld.

3. My lewe is grootliks ontsteld, maar U, יהוה, hoe lank gaan dit wees?

4. Keer terug, יהוה, red my lewe; red my as gevolg van U liefdevolle goedheid,

5. want in die dood word U nie genoem nie; wie sal U met uitgestrekte hande in Sh’ol loof en dank?

Psalms 6