Psalms 53:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van: “Mahalath (siekte):” ’n onderriggewende gedig van Dawid. Die dwaas sê in sy verstand, wil en emosie: “Daar is geen God nie!” Hulle is korrup en verwerplik in hulle boosheid; daar is niemand wat goed doen nie.

2. God het vanuit die hemel gekyk na die seuns van die mens om te sien of daar enige iemand is wat verstaan en na God soek.Rom 3:12

3. Elke een van hulle het afgedwaal, hulle het almal saam vuil geword; daar is nie een wat goed doen nie, nee, nie een nie.

Psalms 53