Psalms 52:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe Do’eg, die Edomiet, gekom en aan Sha’ul vertel en aan hom gesê het: “Dawid het na die huis van Agimelekh gegaan.”

2. Hoekom beroem jy jou in boosheid, o kragtige krygsman? Die goedheid van God hou aan en aan!

3. Jou tong beraam vernietiging soos ’n skerp skeermes, wat met misleiding werk!

Psalms 52