Psalms 5:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Daar is niks betroubaar in wat hulle sê nie; hulle binneste is verwoesting. Hulle keel is ’n oop graf; hulle vlei met hul tong.

10. Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle deur hul eie planne val. Gooi hulle uit in die menigte van hulle oortredinge, want hulle is rebels teen U,

11. maar laat almal wat op U vertrou bly wees, U vir ewig oplig en verhoog en U sal tussen hulle bly en almal wat U Karakter en Outoriteit (Naam) liefhet, sal deur U versterk word,

12. want dit is U wat die regverdige man seën, o יהוה, U omring hom met guns soos met ’n skild.

Psalms 5