7. Met ’n gewelddadige storm verbreek U die skepe van Tarshish.
8. Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van יהוה-Tzva’ot, die stad van ons God. God sal dit bevestig tot in ewigheid.
9. Ons het U liefdevolle goedheid in U tempel oordink, o God.
10. Soos U Karakter en Outoriteit (Naam) is, o God, so is U lofprysing tot aan die eindes van die aarde. U regterhand is vol onpartydige opregtheid.
11. Laat die berg Tziyon hom verheug, laat die dogters van Y’hudah bly wees oor U oordele.
12. Loop om Tziyon en gaan rondom, tel sy torings.