Psalms 44:8-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ons loof, eer en aanbid U die hele dag lank, o God en ons loof en dank U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande vir ewig.

9. Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,

10. maar U laat ons terugdraai van die teëstander en ons vyande plunder ons.

11. U verkoop ons soos slagskape en U het ons onder die nasies verstrooi.

12. U verkoop U volk goedkoop en het geen wins uit hulle verkope nie.

13. U maak ons ’n bespotting vir ons bure, ’n spot en veragting vir die wat rondom ons is.

14. U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n skud van die kop onder die volke.

15. My skande is die hele dag voor my en my vernedering oorweldig my

16. weens die stem van die een wat beskuldig en kwaadpraat, weens die vyand wat wraak neem.

17. Dit alles het oor ons gekom, tog het ons U nie vergeet en nie vals opgetree teen U verbond nie.

18. Ons het nie teruggedraai nie en ons voete nie van U pad weggedraai nie,

19. want U het ons ’n tweede keer in die land nederig gemaak en ons met die skaduwee van die dood bedek.

20. Tog het ons nie die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God vergeet, of ons hande na vreemde gode uitgesteek nie;

21. God sal dit raaksien, want Hy ken die geheime van die verstand, wil en emosie.Rom 8:36

22. Ja, om U ontwil word ons elke dag gedood; ons word gereken as slagskape.

23. Ontwaak en moenie slaap nie, o יהוה, onthou ons en verlaat ons nie!

24. Moenie U gesig van ons af wegdraai nie en vergeet nie ons vernedering en ons onderdrukking nie,

25. want ons lewe is tot in die stof verneder en ons liggaam raak aan die aarde.

26. Staan op om ons te help en koop ons vry ter wille van U liefdevolle goedheid!

Psalms 44