1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het geduldig op יהוה gewag en Hy het Hom na my toe gedraai en my smeekgebed gehoor.
2. Hy het my uit die verskriklike put opgetrek, uit die slik van vernietiging en my voete op ’n rots gesit en my rigting bepaal.
3. Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op יהוה vertrou.Ps 1:1,2
4. Geseënd is die man wie se vertroue in יהוה is en hom nie draai na trotsheid en leuengesprekke nie.
5. Baie wonderwerkende dade het U vir ons gedoen, יהוה, my God en vir ons omgegee; ek het verklaar dat daar te veel is om te tel. Daar is niemand soos U nie.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7