Psalms 40:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het geduldig op יהוה gewag en Hy het Hom na my toe gedraai en my smeekgebed gehoor.

2. Hy het my uit die verskriklike put opgetrek, uit die slik van vernietiging en my voete op ’n rots gesit en my rigting bepaal.

3. Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op יהוה vertrou.Ps 1:1,2

Psalms 40