Psalms 39:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Let op, U het aan my dae ’n beperking geplaas en my ouderdom is soos niks voor U nie; ja, elke mens staan voor U as net ’n asemteug!

6. Waarlik, elke mens loop rond soos ’n skynbeeld; hy verdwyn soos ’n asem; hy begrawe skatte en weet nie wie dit bymekaar sal maak nie.

7. Van nou af, wat is my versekerde verwagting, behalwe in U, o יהוה?

8. Bevry U my van al my wetsoortredinge; maak my nie ’n bespotting van die onregverdige nie.

Psalms 39