Psalms 31:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want U is my Rots en my Vesting; daarom, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, vertroos my en lei my.

4. Trek my uit die net wat hulle in die geheim vir my gespan het, want U is my Beskermer.

5. In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, יהוה, God van waarheid.

6. Ek haat hulle wat valse aanbidding onderhou, maar ék vertrou in U, o יהוה.

7. Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het

8. in die hand van my vyande nie. U het my voete in rustigheid gevestig.

9. Wys onverdiende guns aan my, o יהוה, want ek is benoud; my oog word swak deur woede, ja, my lewe en my liggaam,

10. want my lewe kwyn weg van verdriet en my jare van gesug; my krag faal as gevolg van my onregverdigheid en my gebeente teer weg.

Psalms 31