Psalms 30:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek het tot יהוה uitgeroep en tot יהוה gesmeek:

9. “Watter voordeel is daar in om my bloed te stort as ek afgaan na vernietiging? Die stof sal U nie loof en dank of U waarheid verkondig nie.

10. Hoor en luister, יהוה en bewys onverdiende guns aan my! יהוה, wees U my Helper!

11. U het my droefheid in ’n dans verander, U het my rouklere afgegooi en my met oorweldigende blydskap omgord

12. sodat ek met eer en lof tot U kan sing en musiek maak en nie stilbly nie. יהוה, my God, ek sal U vir ewig loof en dank met uitgestrekte hande.

Psalms 30